Kernkrag

Die Koeberg-kernkragsentrale.
’n Russiese ysbreker wat kernaandrywing gebruik.

Kernkrag is die energie wat deur middel van beheerde (nieplofbare) kernreaksies geproduseer word. Kommersiële aanlegte gebruik tans hoofsaaklik kernsplytingsreaksies om elektrisiteit op te wek. Elektriese nutsreaktore verwarm water om stoom te produseer, wat dan aangewend word om elektrisiteit op te wek.

In 2009 was 15% van die wêreld se elektrisiteit deur middel van kernkrag opgewek. Daar is ook meer as 150 vlootvaartuie gebou wat kernaandrywing gebruik.

Koeberg in die Wes-Kaap, Suid-Afrika is die eerste en enigste kernkragsentrale op die vasteland van Afrika.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search